Die Stick-a-Label Storie
In 1990 het die eienaar, Johan Stadler, ‘n behoefte geïdentifiseer aan ‘n drukkery wat ‘n kliënt-gedrewe diens teen kompeterende pryse kon lewer sonder om kwaliteit in te boet. Dit het gelei tot die totstandkoming van Stick-a-Label op 1 November 1990. Die maatskappy is vernoem na die produk wat ons vervaardig naamlik kleefetikette.
Met diens aan ons kliente as credo het Stick-a-Label gegroei van ‘n klein onderneming in ‘n kantoor met 1 personeellid, ‘n masjien en 1 rekening tot waar ons vandag is met 35 personeel-lede, 6 masjiene en meer as 1 rekening, gevestig in die hart van Parow in ons eie gebou.
Alhoewel Stick-a-Label oor die jare ontwikkel het tot ‘n baie suksesvolle besigheid bly ons doelwit nogsteeds om ‘n onkreukbare diens te lewer. Hiervan getuig al ons kliente, met wie ons verbintenisse het wat oor meer as ‘n dekade strek.
Ons Span
Parow
Direkteure
